Etienne van Heerden, Die Volksblad

Van alle vakmanne skoenmakers, chirurge, prokureurs of werktuigkundiges is skrywers diegene wat die meeste te kwyt het oor praktyk. Die skryfbedryf is klaarblyklik besonder aanskoulik skrywers voer hul lering op, en kam dit weer af; bieg en lieg; gee raad en sug. En daar’s mense wat wil luister. Daarom is Jenny Hobbs se Paper Prophets: A treasury of quotations about writers and writing so ‘n oulike geskenkboek. Wanneer jy dié boek met sy honderde aanhalings lees, staan jy verwonderd oor die sêvermoë van diegene wat die pen en dikwels áán die pen ry.

Paper Prophets, by Jenny Hobbs