Van alle vakmanne skoenmakers, chirurge, prokureurs of werktuigkundiges is skrywers diegene wat die meeste te kwyt het oor praktyk. Die skryfbedryf is klaarblyklik besonder aanskoulik skrywers voer hul lering op, en kam dit weer af; bieg en lieg; gee raad en sug. En daar’s mense wat wil luister. Daarom is Jenny Hobbs se Paper Prophets: A treasury of quotations about writers and writing so ‘n oulike geskenkboek. Wanneer jy dié boek met sy honderde aanhalings lees, staan jy verwonderd oor die sêvermoë van diegene wat die pen en dikwels áán die pen ry.
Category Archives: Paper Prophets
Paper Prophets
Shaun de Waal, Mail & Guardian
Author Jenny Hobbs has collected a vast hoard of quotations from writers on every aspect of writing, from deep questions about the roots of creativity to practicalities such as doing it by hand versus typing, or stratagems to get started. The range of opinions expressed is as wide as the spread of those quoted. The emphasis is on information, providing glimpses into the writing process, and there are many gems.
Heather Mackie, Business Day
Jenny Hobbs’s commonplace book is a phenomenon of modern English which dates back to the 17th century. It is also a glorious indulgence… Hobbs has collected favourite quotes from favourite authors on the subject of writing and arranged them in broad categories. They range from the gnomic to the superficial, which are generally more fun. This will be as invaluable as Roget’s Thesaurus for after-dinner speakers, or bedside reading, or even writer stuck in a cul-de-sac and looking for a quote. Anyone who scribbles a little – whether for love, for a friends, or for money – should reserve shelf space for both these companions.
Dr Cecile Cilliers, Beeld
Jenny Hobbs, romanskrywer, is die samesteller van hierdie aanhalingsboek wat te make het met skrywers en skryfwerk. Dis ‘n moei boek om op te neem, die aanbieding is interessant, die lettertipe goed leesbaar… Die onderafdelings is so slim gekies, die enorm hoeveelheid stof so goed onder beheer, en daar word so ‘n weelde van interessanthede aangebied, dat enige geesdriftige leser plesier aan die boek sal hê.
Hennie Aucamp, Die Burger
Aanhalingsboeke oor die kunste is vry algemeen in die buiteland, maar selfs dáár is ‘n aanhalingsboek gewy net aan skrywers en die skryfkuns ‘n rariteit. Dis merkwaardig dat juis só ‘n boek hier verskyn – op die koop toe so uitgebreid en versorg dat dit onmiddelik pleit om internasionale verspreiding. Jenny Hobbs, skryfster, is die samesteller, en te oordeel na 328 bladsye aanhalings, is die totale omvang van die skryfbedryf by haar ‘n “magnificent obsession”. Hobbs rubriseer die inhoud van haar bloemlesing; ‘n groot lesergerief.